10/18/2009

Kweek jou eie aspersies


Aspersies is 'n meerjarige plant met 'n reguit, eetbare stam en klein takkies met nog kleiner blommetjies wat uiteindelik die rooi bessies word wat die swart aspersiesaad dra. Aspersies is in 'n botaniese klas van sy eie met 120 spesies in die Asparagaceae genus. Die groente is gesog en duur, tensy jy weet hoe om jou eie te kweek. Dan word dit 'n goedkoop manier om 'n delikate geur aan al jou geregte te gee.

Aspersies is 2 500 jaar gelede vir die eerste keer aangeplant in Griekeland. Die woord aspersie is afgelei van die Griekse woord vir stam. Lank voor dit as voedsel gebruik is is dit aangeplant vir medikasie.


Wat ook al jou rede vir die aanplant van aspersies, 'n goed versorgde bedding kan jou familie vir tot 20 jaar van aspersies voorsien. Meeste supermarkte hou geblikte aspersie aan, maar niks kom by die ware Jakob wat vars gepluk is nie.

Soos die aspersieplant groei vorm dit 'n mat van lang, silindervormige wortels wat horisontaal versprei. So 'n wortelstelsel wat een jaar oud is word 'n aspersiekroon genoem. Terwyl aspersies van saad gekweek kan word plant meeste mense aspersies aan met behulp van aankoopte krone. Wat jy nie kan koop nie is geduld, want dit neem 'n aspersiebedding drie jaar om gevestigb te raak van krone. In die tweede jaar verskein daar enkele lote. In die derde jaar behoort jou aspersies reg te wees vir oes. Moet nie langer as een maand lank oes nie. Dit gee die krone kans om goed gevestig te raak.

Plant die krone in 'n sloot wat omtrent 'n halwe meter wyd is. Plant hulle 15 centimeter diep en 30 centimeter uit mekaar. Aspersies hou van goed gedreineerde grond. Die wortelstelsel is geneig om na bo te kom soos dit ouer word. Bedek dit met nog grond.

bydrae: Hans Bekker

(foto Julie Falk)

8 comments :

  1. Anonymous18/8/11 17:34

    Please provide us with a photo of the new plant coming through the ground. Tx

    ReplyDelete
  2. Ek wil graag weet waar kry mens krone te koop en wat is die voedingsbehoeftes van aspersies. As mens baie komposgee sal dit voldoende wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/13 12:10

      Voor jy plant moet jy kompos of mis EN 60 g 2:3:2 per meter bywerk. Wanneer die plantjies goed begin groei moet jy nog 'n handvol 2:3:2 bywerk.

      Delete
  3. Is dit beter om aspersies met saad te plant en kan mens dan vinniger oes?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/13 12:11

      Koop eerder lote by 'n kweker wat bekend is vir kwaliteit plante.

      Delete
    2. Anonymous2/8/13 20:27

      ek soek aspersie lote, wie kan my help asseblief?

      Delete
    3. Wie kan asb aan my aspersiekrone voorsien?

      Delete
  4. Ek wil graag weet waar kan ek my aspersies in die swartland bemark,asb

    ReplyDelete