Disa uniflora
Hierdie plantjie word streng beskerm en is die blomembleem van die Wes-Kaap.
Dit is ’n knolagtige meerjarige wat tot 600 mm hoog word.
Die mooi blomme is ’n helder karmosynrooi en verskyn in die laatwinter en lente. Hulle word tot 100 mm in deursnee.
(foto: Naoki Takebayashi)
Groen Vingers
3/23/2018
3/16/2018
Boegoe
Diosma ericoides
’n Bosagtige, klein struikie wat sowat 600 mm hoog word. Dit is inheems in die Suidwes-Kaap.
In die lente dra die plant klein, wit blommetjies, deurspoel met pienk en met die bekende geur van boegoe.

1/11/2018
Snyblomme
Tuinmaak is iets wat die hele gesin saam kan geniet. Vandag se onderwerp is snyblomme.Tuinghoeroe Willie Schmidt geen vir jou handige wenke.
1/04/2018
Tuinmaak in houers
Laat Frances Tophill jou met meer as 40 projekte vir kreatiewe houers wys hoe om dikwels misgekykte potte ten beste te benut in jou tuin – of dit nou ’n beskeie balkonnetjie, ’n klein stoepie of net ’n vensterbank is.
Daar is altyd plek vir ’n bietjie groenigheid in ’n mens se lewe. Of jy nou iets vars by jou kombuistuin wil voeg of sukkulente op jou vensterbank wil uitstal, houers maak dit moontlik om die natuur in die kleinste en moeilikste plekkies in te bring.
Frances dek ’n verskeidenheid plantskemas en soorte houers – van kruike en trôe tot gestapelde potte en hangmandjies. Sy gee raad oor die beste plante vir houers, van bonsaibome en bolle tot rankplante en snyblomme. Leer hoe om ’n lewende muur te skep, ’n metaalpot vir ’n dammetjie te gebruik, ’n geutpyp met aarbeie te beplant of selfs jou eie potte te maak. Met die kreatiewe idees in hierdie boek, kan jy enige tuin met net ’n paar houers in iets besonders omskep.
Tuinmaak in houers / Frances Tophill -- Metz Press, Augustus 2017; 160 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928376316
Tuinmaak in houers,
Bettie Blom,
4 Januaarie 2018.
2

12/14/2017
Namakwalandse madeliefie
Dimorphotheca sinuate
Hierdie massas kleurplate in inheems aan die Namakwaland. ’n Laag groeiende eenjarige wat uitsprei en tot 300 mm hoog word.
Die Namakwalandse madeliefie het oranje blomme wat in die laatwinter en lente verskyn.

12/07/2017
Witbotterblom
Dimorphotheca pluvialis
Die witbotterblom is inheems aan die Suidwes-Kaap en Namakwaland. Dit is ’n laag groeiende eenjarige plant wat in die laatwinter en vroeë lente blom.
Die blomme se kroonblare is spierwit bo en violetkleurig onder.
(foto: Andrew Massyn)

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)